The Owl House


 

Contents:

Owl House represented at International Psycho-Analytic Conference

One Peace, One ‘Light’, one Love to discover

Entering the Twilight Zone...

National Women’s Day at the Owl House! (2007)

Athol Fugard in Afrikaans

Short Story – The Owl House

Mermaids in the Karoo

Moeder Raaf's Questions Answered


Die Uilhuis-Stigting

Na haar dood in Augustus 1976, het die Uilhuis van Helen Martins bouvallig geword en sommige artikels is verwyder. As gevolg van luide protes van belanghebbendes was eienaarskap van die eiendom aan die Plaaslike Owerheid toegeken. Die eiendom was “opgeruim.” Ondersteunende organisasies, veral die Vriende van die Uilhuis, en hulle belangrikste borg, PPC Cement, het fisiese en finansiële bydraes gelewer. Gedurende 1991 het die Vriende van die Uilhuis gereël dat Mnr. Koos Malgas – wat oorspronklik meeste van die beelde vervaardig het onder leiding van Miss Helen – na Nieu-Bethesda terugkeer ten einde die Kameelwerf te restoureer en in stand te hou. Dit is te danke aan hierdie stappe dat die Uilhuis vandag behoue bly in ’n relatiewe goeie toestand.

Die Uilhuis-Stigting is ’n Seksie 21 niewinsgewende organisasie (Reg. Nr. 99/00317/08]. Dit het in 1996 tot stand gekom in Nieu-Bethesda deur bemiddeling van ’n groep plaaslike indiwidue, die Plaaslike Owerheid, PPC Cement, en die Vriende van die Uilhuis, in ’n poging om voorsiening te maak vir ’n meer standhoudende en plaaslik geleë administrasie vir wat tans erken word as ’n belangrike kulturele erfenis en toeriste aantreklikheid. Die Stigting administreer die Uilhuis by wyse van ’n regtelike ooreenkoms met die plaaslike Owerheid.

Die doelstellings van die Uilhuis is drievoudig:

·         Om standaarde en dienslewering te verbeter vir die besoekende publiek.

·         Om die Uilhuis te beveilig en te ontwikkel as n lewensbelangrike gemeenskaplike hulpbron.

·         Om instandhouding- en restourasieprogramme in te stel om die langtermyn oorlewing van hierdie unieke artistieke erfenis te verseker.

Restourasie en Bewaring

Die Uilhuis, binne- sowel as buitenshuis, verteenwoordig ’n samehangende artistieke omgewing – waar die belangrikheid daarvan dikwels interpreteer word deur die verband en wisselwerking van die indiwiduele komponente. Die totale omgewing word gekenmerk deur die gebruik van gewone materiale in ongewone en unieke wyses, en dikwels doeleindes waarvoor dit nie oorspronklik vervaardig is nie. Dít – gepaardgaande met die drukte van ’n steeds toenemende getal besoekers, asook die strawwe klimaatstoestande – skep die behoefte om ’n spesiale stel bewaringstegnieke te ontwerp. Die Uilhuis-Stigting ondersoek en benut eietydse materiale en metodes om hierdie swak plekke te bekamp. Hierdie is begryplikerwys ’n baie stadige en duur proses – maar dit is ontwerp met die oog op langtermyn bewaring. Terselfdertyd doen die Stigting navorsing omtrent die toestand van die Uilhuis omstreeks 1976. Soos elke element herstel en bewaar word, poog ons om dit terug te bring na die oorspronklike toestand daarvan. Hierdie program sluit in verskeie elemente wat uit die werf verdwyn het, en hopelik ’n terugkeer tot die oorspronklike atmosfeer van lewe en ligglans.

WEES ASSEBLIEF BEHULPSAAM EN SKENK OU FOTO’S VAN DIE UILHUIS (VYFTIEN JAAR OF OUER).

Lidmaatskap

Word ’n Vriend en dra by tot die Welsyn van die Uilhuis:

Die Stigting rig ’n uitnodiging aan indiwidue, gesinne, en maatskappye om Vriende van die Uilhuis te word, deur jaarlikse ledegelde te betaal. Vriende van die Uilhuis word op hoogte gehou omtrent vordering en spesiale geleenthede, en ontvang voorkeurtariewe vir items wat te koop aangebied word in ons winkel.

Kontak ons om verdere besonderhede by owlhouseinfo@mweb.co.za of laai ’n inskrywingsvorm hier af.

Dankbetuiging

Die Uilhuis ontvang geen amptelike geldelike steun nie. In die reël word toegangsfooie gebruik vir administratiewe kostes en salarisse, asook ’n vasgestelde bydrae vir munisipale inkomste. Donasies, verkoopsitems en ledegelde is ons hoofinkomstebron vir die restourasieprogram.

Die Uilhuis-Stigting is dank verskuldig aan die volgende vir bystand en/of borgskap:

PPC Cement (www.ppc.co.za)is een van die hoofbeskermers van die Uilhuis sedert die 1980’s. Benewens finansiële bydraes, het PPC deur die jare standhoudend onskatbare hulp verleen met administratiewe en regsaangeleenthede.

The Stella and Lorenzo Chiappini Cultural and Charitable Trust (via Syfrets)

Bowman Gilfillan Prokureurs (www.bowman.co.za) het deur die jare heen die Stigting van uiters waardevolle regsadvies voorsien.

Chryso Chemicals (http://za.chryso.com) vir aanhoudende voorsiening van vindingryke materiaal en werkwinkels om te voorsien in ons voortdurende restourasie projekte.

Professor Marianne McDonald vir die milde bydrae van die Stigting se Administratiewe kompleks (aangrensend aan die Uilhuis en Kameelwerf), en so onlangs as Augustus 2009, oortekening van die Nieu-Bethesda Teater-kompleks aan die Vriende van die Uilhuis. (Sien kort biografie hier) Lees meer omtrent hierdie merkwaardige Dame, by http://homepage.mac.com/mariannemcdonald/vita.html en www.mariannemcdonaldtheatre.com

 

Voorsitter:

Peet van Heerden

Vise-voorsitter:

Albert Redelinghuys

Direkteure:

Heidi Boekkooi (gekoöpteer); Dr. Bruce Lakie; Elsi O’Connelly;

Phillip Olifant (Kamdeboo Munisipaliteit);

Shaheen Salie (PPC Cement); Annemiek Schep (Nederland); Huldah van Wyk

Admin Bestuurder:

Arno du Toit

Beskermers:

PPC Cement; Chryso Chemicals;

Prof. Marianne McDonald, Ph.D., MRIA; Athol Fugard (dramaturg)


 

Make a Free Website with Yola.